wie is tussen sterre?

 

 

Dit is die droom van duisende jongmense om eendag hul eie Rock groep te stig, maar dit is min wat dit gebeur dat 3 super talentvolle jong ouens hulle idees saamgooi en ‘n nuwe projek aanpak. Soveel groepe klink dieselfde, maar Tussen Sterre is verseker die uitsondering op daardie reel.

Tussen Sterre se passie vir musiek is so groot soos hulle toewyding tot die Afrikaanse taal. Dit blyk duidelik uit hulle lirieke. Daar verskyn geen Engelse woorde in hulle musiek nie verseker ‘n eerste in die Afrikaanse Pop/Rock genre. Hulle beplan om die Afrikaanse musiekmark te revolusioneer met hulle unieke skryfstyl en passie om die taal lewendig te hou. Al drie van hulle is kranige musikante en spesialiste in hulle veld. SJ speel dromme, kitaar en klavier, Martin is ‘n kitaaronderwyser en Jan-Mattys ‘n sangonderwyser. Lees Meer