indeks

Nostalgie
Blou Maan Liefde
Wonder Steeds
Hemelrym – Tussen Sterre ft Bouwer Bosch
Gee ’n Bietjie hoop
Wenteldans
Gewoonte as Verliefdheid
Tien uit Tien
Sy is Vry
Net Vriende
Agapé
Vir Ewig ’n Goeie Tyd

Lirieke

Nostalgie

Dink jy nog terug oor hoe dit voel
Om jonk te wees en net te doen
Wat die oomblik wil

Niks kommers, niks wat jou pla
Niemand weet waarheen jy gaan
Net ’n jong hart en ’n pad sonder einde

Hier sit ons almal onder die sterre
In slaapsakke beskerm
Teen die monsters wat ons dalk kan vang

Kampvuur vol stories
Wat ons nie kan verloor nie
Saam met jou kan ek die wêreld aanvat

Voel dit soos gister
Ons almal saam
Kattekwaad ons tweede naam
Ons kort net mekaar

Niks wat ons terug hou
Niks om te betaal
Wil net uitvind wat’s haar naam
Net ’n jong hart en aand sonder einde.

Hier sit ons almal onder die sterre
In slaapsakke beskerm
Teen die monsters wat ons dalk kan vang

Kampvuur vol stories
Wat ons nie kan verloor nie
Saam met jou kan ek die wêreld aanvat

Terug na bo

Blou Maan Liefde

Daar was ’n liefde
Iets wat skaars was, iets wat
Jou hart laat bewe
En net die mooi laat sien

Dit kom net een keer voor
Hoe kon ek en jy dit verloor
Dit kom net een keer voor
Iets wat mooi is kan ook versmoor

Sing vir my
’n Deuntjie wat my hart laat bly
Sing vir my
Oor die geluk wat ons nooit kon kry

 Daar was ’n liefde
Iets wat kwaad was, iets wat
Nie kon vergewe
En nie kon insien 

Ons moes dalk net probeer
Genesing kom net na die seer
Ons moes dalk net probeer
Waarom spyt te laat, wil ek weet

Sing vir my
’n Deuntjie wat my hart laat bly
Sing vir my
Oor die geluk wat ons nooit kon kry 

Sing vir my
Sing vir my
Oor die geluk wat ons nooit kon kry

Sing vir my
’n Deuntjie wat my hart laat bly
Sing vir my
Oor die geluk wat ons nooit kon kry

Terug na bo

Wonder Steeds

Onthou jy gister
Ons was gelukkig ons was verlief
Tussen al die kwaad en die hartseer was jy steeds
my hart se enigste dief

Als wat my aan jou laat dink
Maak my onseker oor waar ons moet wees
En ek wonder steeds

En ek weet nie of ek jou mis nie ek weet nie
Kort ons dalk nog ’n kans
Moet ek my kop laat lees jy steeds die briewe van gister
Is dit dalk te laat ek sal altyd wonder

Soos wat tyd gebeur
Het jy verander
Dalk so klein bietjie obsessief
Ware kleure geverf op
’n Hart wat himself verbeel

Hy’s steeds verlief
Breuk jy ’n hart so na aan jou
Wat jy glo jouwe moet wees
En ek wonder steeds

En ek weet nie of ek jou mis nie ek weet nie
Kort ons dalk nog ’n kans
Moet ek my kop laat lees jy steeds die briewe van gister
Is dit dalk te laat ek sal altyd wonder

En ek weet nie of ek jou mis nie
Kort ons dalk net ’n kans

En ek weet nie of ek jou mis nie ek weet nie
Kort ons dalk nog ’n kans
Moet ek my kop laat lees jy steeds die briewe van gister
Is dit dalk te laat
Ek sal altyd wonder

Terug na bo

Hemelrym ft. Bouwer Bosch

Iemand word veroordeel oor hoe hul lyk
Om anders te wees is goed al staan jy uit
Daar kom ‘n tyd wanneer jy moet besef
Hoe vreemd jy is pas jou bes
Jou geite en dit wat jou maak is jy

Ons praat net liefde
Liefde vir jouself
Ons kort net liefde
Liefde wat omhels

Ons praat net liefde
Liefde vir jouself
Ons kort net liefde
Liefde wat omhels

Die hemele het hul bes gegee om jou te maak
Die uitkoms was ‘n perfekte mens wat jy moet aanvaar

Ons praat net liefde
Liefde vir jouself
Ons kort net liefde
Liefde wat omhels

Terug na bo

Gee ‘n Bietjie Hoop

Het jy al ooit gesien dat ‘n glimlag ’n dag kan maak
Mense kort iets wat hul laat tydelik wegraak

Want die wêreld kan soms donker raak
So ons sit die ligte aan
Dalk sal iemand luister

 Gee ’n bietjie hoop
Gee ’n bietjie liefde
Maak ’n verskil
Versprei ’n bietjie vrede

 Want dis musiek wat jou laat dans
Die melodie wat jou hart kan aanraak

My ma het nog gesê dat
Meer hande ligter werk
Dit vat nie veel al maak dit net ’n klein merk

 Die wêreld kan soms doodstil raak
’n Kitaar, ’n stem kan dalk net praat
Dalk sal iemand luister

 Gee ’n bietjie hoop
Gee ’n bietjie liefde
Maak ’n verskil
Versprei ’n bietjie vrede

 Want dis musiek wat jou laat dans
Die melodie wat jou hart kan aanraak

 Soos ’n veldbrand wat kan versprei
Bly dit ons verantwoordelikheid
Ons moet net begin

Om iets te doen wat saak maak
Iets groters na te laat
Kan iemand dalk net luister

Gee ’n bietjie hoop
Gee ’n bietjie liefde
Maak ’n verskil
Versprei ’n bietjie vrede

 Want dis musiek wat jou laat dans
Die melodie wat jou hart kan aanraak

Terug na bo

Wenteldans 

Dit was ’n lang week
Hard gewerk en bly om te weet
Dat dit verby is
Vir nou sodat ons kan vergeet

 Dis tyd om te laat gaan
En my voete is lus om te dans 

Ek trek jou nader nader
Sodat ons op die dansvloer kan vergader
So trek my nader nader
Dat ons kan op die dansvloer dans tot late

Toe ek daar instap
Het daar iets my oog gevang
Ek was vir eers skaam
Uiteindelik het ek haar gevra

 Met rooi wange staan sy daar
Ja gesê, dit is tyd om te dans 

Ek trek jou nader nader
Sodat ons op die dansvloer kan vergader
So trek my nader nader
Dat ons kan op die dansvloer dans tot later

 So skop jou skoene uit
Ek kan nie ophou kyk
Hoe mooi jy lyk hoe mooi jy lyk

 So skop jou skoene uit
Ek kan nie ophou kyk
Hoe mooi jy lyk, hoe mooi jy lyk vanaand

So skop jou skoene uit
Ek kan nie ophou kyk
Hoe mooi jy lyk, hoe mooi jy lyk vanaand

Ek trek jou nader nader
Sodat ons op die dansvloer kan vergader
So trek my nader nader
Dat ons kan op die dansvloer dans tot later

Ek trek jou nader nader
Sodat ons op die dansvloer kan vergader
So trek my nader nader
Dat ons kan op die dansvloer dans tot later

 So skop jou skoene uit
Ek kan nie ophou kyk
Hoe mooi jy lyk hoe mooi jy lyk

 So skop jou skoene uit
Ek kan nie ophou kyk
Hoe mooi jy lyk, hoe mooi jy lyk vanaand

Terug na bo

Gewoonte as Verliefdheid

In die skare staan daar liefde wat kan steel
Met ’n oogknik kan ons kyk wat gaan gebeur

In ‘n oomblik het ek geweet
Die’s ’n hartbreuk wat wag om te gebeur

Ek voel my hart baklei
Teen my kop wat wonder
Is jy steeds goed vir my

Ek vrees dis eerder uit
Gewoonte as verliefdheid

Ek wens jy was net eerder tydelik
Maar jy bly konstant by my

Ek weet dis eerder uit
Gewoonte as verliefdheid

Mense sê jy kort net liefde
ons kort meer
Dis ’n feit dat ons is beter af alleen.

In oomblik het ek geweet
Die’s ’n hartbreuk wat wag om te gebeur

Ek voel my hart baklei
Teen my kop wat wonder
Is jy steeds goed vir my

Ek vrees dis eerder uit
Gewoonte as verliefdheid

Ek wens jy was net eerder tydelik
Maar jy bly konstant by my

Ek weet dis eerder uit
Gewoonte as verliefdheid

Terug na bo

Tien Uit Tien

Sy dra brille
Pas glad nie in

Sy hou van lees
Verloor haarself in sprokies

Sy’s ’n bietjie bleek
Kort ’n bietjie son

Sy sit allen
Dink haar dag sal nooit kom

Hou haar bietjie dop

Mooier as ’n tien uit tien
Haar brille af gaan almal nog sien
Hoe mooi ’n meisie tog kan wees
Wat almal nog nooit kon sien.

Mooier as ’n tien uit tien

Sy dra brille
Lyk deur mekaar
Al sport wat sy kan speel is skaak

Sy’s bietjie vreemd
Dalk bietjie lomp
Sy’t nooit gedink sy gaan almal verstom

Hou haar bietjie dop

Mooier as ’n tien uit tien
Haar brille af gaan almal nog sien
Hoe mooi ’n meisie tog kan wees
Wat almal nog nooit kon sien.

Mooier as ’n tien uit tien

Op daai aand stap sy in
Mooi rok, bloed rooi lippe

Ewe skielik maak als sin
Perfek weg gesteek diep daar binne

Mooier as ’n tien uit tien
Haar brille af gaan almal nog sien
Hoe mooi ’n meisie tog kan wees
Wat almal nog nooit kon sien.

Mooier as ’n tien uit tien

Terug na bo

Sy Is Vry

Sy’t gevaarlike oë
As sy vir my kyk
Ek staan bewoë
As sy om my dans

Sy waai saam die wind
Sy swaai saam met tyd
Niks kan haar keer
Nie eers die son kan haar beheer

Want ’n bietjie te veel is net ’n bietjie te min
As jy haar lief het
Want ’n bietjie te veel is net ’n bietjie te min
As jy lief het

Sy is vry 

Want ’n bietjie te veel is net ’n bietjie te min
Want net ’n bietjie te min is ’n bietjie te veel

Sy is vry  

Ek het probeer om te wys
Sy’s die een vir my
Ek baklie teen tyd
Met ’n hart wat stry

Sy waai saam die wind
Sy swaai saam met tyd
Niks kan haar keer
Nie eers die son kan haar beheer

Want ’n bietjie te veel is net ’n bietjie te min
As jy haar lief het

Want ’n bietjie te veel is net ’n bietjie te min
As jy lief het

Sy is vry 

Want ’n bietjie te veel is net ’n bietjie te min
Want net ’n bietjie te min is ’n bietjie te veel

Sy is vry  

Ek wil dans maar sy weet nie hoe ek voel nie
Ek wil dans maar sy wil nie saam my draai

Sy is vry

Terug na bo

Vir Ewig ‘n Goeie Tyd

Ons tasse gepak
Skaars genoeg geld vir drank
Kan nie wag vir die pad wat voor ons lê

Ons gaan kuier elke dag
Maak nie saai of ons nie mag
dis vakansie wat ons graag wil hê

As die son sak laat oor jou mooi gesig
As ons stap oor Hartenbos se rug
Dis net jy wat ek hier langs my wil hê
Dan kan ons vir ewig
Vir ewig ’n goeie tyd hê

Growwe see sand
wat so liggies voet brand
Geen ander plek waar ons wil wees
Iets koels in die hand
En mooi lyfies vol sand
As ons kon sou ons net hier aftree

As die son sak laat oor jou mooi gesig
As ons stap oor Hartenbos se rug
Dis net jy wat ek hier langs my wil hê
Dan kan ons vir ewig
Vir ewig ’n goeie tyd hê

Vêr weg van die stad probleme vergete
Alles raak weg dis net jy en die vrede
Van branders wat sing en mense wat vreugde bring

As die son sak laat oor jou mooi gesig
As ons stap oor Hartenbos se rug
Dis net jy wat ek hier langs my wil hê
Dan kan ons vir ewig
Vir ewig ’n goeie tyd hê    

Terug na bo